Boots & Alles Podcast

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦 Aandbieders: - Nicolaas Barnard - Andre Huisamen - Daniel Swiegers - Neil Els

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify

Episodes

Thursday Aug 17, 2023

Episode 8 van Boots & Alles is live en ons het 'n full-house van aanbieders wat saamgesels! 
Die manne maak dit duidelik wat hulle persoonlik van Owen Farrell dink na al hierdie week se kontroversie rondom die Engelandkaptein en bespreek die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Wallis op die Millennium Stadium. Ons kyk na 'n paar belangrike selections, onder andere Siya Kolisi, Jaden Hendrikse en Ox Nche wat terug is in die Bok setup, asook RG Snyman wat 'n well-deserved start kry. Dan, Andy, Neil en Nick gee dan hul predictions vir die game en praat bietjie oor wat ons moontlik kan verwag van Warren Gatland se span.
Dis die Bokke se tweede laaste warm-up game voor die World Cup begin so kry vir jou 'n bier en kom luister saam.
#BootsenAlles #Skitterend

Thursday Aug 10, 2023

Episode 7 is live 🇿🇦
Hierdie week se episode van Boots & Alles is live boys met Nick en Andy wat gejoin word deur Hennie Botha om die World Cup Squad announcement te ontleed. Die manne deel hul opinies oor die beserings van Handre Pollard, Lood de Jager en Lukhanyo Am en wat dit vir die Bokke beteken. Ons kyk ook na die groter groep van 33 spelers + die spelers op 'Standby' wat Saterdag UK toe vlieg en watse kombinasies ons moontlik kan verwag in die wedstryde teen Wallis en New Zealand.
Maak maar die biere koud en kom luister saam - daar is baie om oor te praat in Springbokrugby. 
#BootsenAlles #Skitterend

Thursday Aug 03, 2023

Ons 6de episode is live en die manne lewer sterk opinies!
Ons kyk terug op die Rugby Championship en verlede naweek se performance teen Argentinië, en voer 'n redelike heated debate oor waar die Springbokke tans staan. Die manne analiseer die span vir Saterdag se game in Buenos Aires en wat ons moontlik kan verwag van die Argentyne.
Andy, Nick, Dan en Neila stamp dan bietjie kop oor die Springbokke se reliance om utility spelers te kies en wat dit beteken voor die Rugby World Cup squad volgende week aangekondig word. Watse spelers los jy uit en wie verdien om Frankryk toe te gaan?
Skink maar vir jou iets sterks en kom luister saam na die week se episode - Bokrugby is besig om ernstig te word. 
 

Thursday Jul 27, 2023

Episode 5 is live!
Die Springbok en Harlequins-kaptein Stephan Lewies gesels bietjie hierdie week met ons op die podcast. Hy deel ‘n paar classic stories van sy tyd in Engeland en vertel hoe Joe Marler perongeluk in ‘n Covid Testing Centre op Twickenham Stoop geslaap het die aand wat Quins die Gallagher gewen het. Hy deel ook hoe incredible sy Springbok debut was in 2014.
Nick, Andy en Dan kyk dan bietjie na Springbokspan vir Saterdag se toets teen Argentinië en gee elkeen hul predictions vir die game.
Sit maar solank jou bier op ys vir die naweek en kom luister saam na ‘n baie snaakse episode.

Wednesday Jul 19, 2023

Episode 4 is live en dis ’n massive een!
Hierdie week kuier die Springbokslot Jean Kleyn by ons op die show. Hy vertel hoe 'n oproep van Rassie Erasmus hom weer by die Springbokke beland het en hoe ongelooflik die afgelope paar maande vir hom was met al die emosies wat hy ervaar het toe hy sy debut teen die Wallabies op Loftus gemaak het. Hy verduidelik ook wie vir hom daai blou oog in oefening gegee het. Andy, Dan en Nick reflect dan oor die Bokke se teleurstelling teen die All Blacks en Neil vertel vir ons hoe spesiaal dit was om die game live in Auckland te kyk.
Deel die Podcast met jou vriende en familie - julle wil nie hierdie episode mis nie.
 

Friday Jul 14, 2023

Episode 3
Hierdie week kuier die Springboksenter André Estherhuizen saam op die show en vertel vir ons uit New Zealand uit wat alles in die Bokkamp aan die gang is voor Saterdag se groot toets teen die All Blacks. Hy beantwoord ook ’n paar interessante vrae wat deur van ons followers op Instagram gestuur is. Nick, Dan en Andy bespreek dan die Springbokspan vir die game en Neil vertel vir ons bietjie van hoe die vibe in Auckland lyk.
Dis Bok Vrydag - trek jou Groen en Goud trui aan en kom luister saam na nog ’n episode van Boots & Alles
#BootsenAlles #Skitterend #DraDieDing

Wednesday Jul 05, 2023

Die manne is almal terug vir Episode 2 van Boots & Alles
Hierdie week het ons vir Evan Roos op die show wat vir ons bietjie insights gee oor hoe ’n toetsweek lyk en wat hy dink van die nuwe Springbok-Nike trui. Nick, Andy, Dan en Neil bespreek die Springbokke se span vir Saterdag se Rugby Championship opener teen Australia op Loftus en gee hul voorspellings vir die game, asook wat ons moontlik kan verwag van Eddie Jones se span.
Gryp jou bier uit die yskas en kom luister saam, want Bokrugby is amptelik terug 🇿🇦

Thursday Jun 29, 2023

Welkom by die heel eerste episode van die Boots & Alles podcast!
Ons skop af met 'n vinnige bekendstelling van al ons aanbieders en verskaf bietjie konteks vir hoe hierdie podcast op die been gebring is. Die Cheetahspeler Reinhardt Fortuin is ons eerste gas op die show en vertel ons bietjie van al die feesvieringe in Bloemfontein na die naweek se Curriebekereindstryd. Ons sluit dan af met 'n analise van die Springbokke se Rugby Championship squad en wat ons moontlik kan verwag in die wedstryde teen Australia en New Zealand.
Sit terug en geniet hierdie podcast saam met ons. Gesels ook saam op ons sosiale media platforms!

Image

Your Title

This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20240731