Boots & Alles Podcast

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦 Aandbieders: - Nicolaas Barnard - Andre Huisamen - Daniel Swiegers - Neil Els

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify

Episodes

Saturday Mar 30, 2024

Die Boots en Alles podcast is terug vir 'n Seisoen 2 mini series waar ons vir die volgende paar weke Chasing the Sun 2 van SuperSport sal review saam met 'n paar van die Springbokke.
Ons het hierdie week die absolute groot voorreg gehad om die legende Steven Kitshoff op die show te hê waar ons bietjie terug gekyk het na die eerste episode van die documentary. Hy deel met ons baie interessante stories van hoe hulle die hele reeks geskiet het, wat Rassie Erasmus so kwaad gemaak het in die kleedkamer en hoe Malcolm Marx beseer geraak het vroeg in verlede jaar se Wêreldbeker.
 
#BootsenAlles #Skitterend 

Friday Nov 03, 2023

Wêreldkampioene vir die 4de keer!
Die Springbokke het verlede Saterdag al ons drome laat waar word en hul plek in Wêreld Rugby se geskiedenisboeke beklee. Met al die emosies en celebrations van die afgelope week kyk die Boots en Alles manne terug na 'n historiese aand in Paris. Nick deel bietjie sy persoonlike ervaring van hoe dit was om die finaal by te woon, terwyl Dan en Andy ook hul insette oor die game gee. Die manne bespreek dan ook 'n paar belangrike oomblikke van die game en wat die oorwinning vir Suid-Afrikaners beteken het.
BokRugby mag wel nou klaar wees maar die celebrations sal nog lank voortduur. Geniet die naweek met 'n lekker episode waar ons debrief oor wat die Bokke sopas bereik het.
#BootsenAlles #Skitterend #BackToBack

Friday Oct 27, 2023

Bok Vrydae raak nie groter as hierdie nie en ons begin die naweek met die 18de episode van Boots & Alles.
Ons staan op die vooraand van geskiedenis waar Suid-Afrika die eerste land ooit kan word om die Rugby Wêreldbeker vier keer te wen. Met alles op die spel het ons hierdie week die voorreg gehad om die Springbok Willem Alberts op die podcast te hê. Hy gesels lekker saam oor die Bokke se kanse vir Saterdag se final en vertel ’n paar baie snaakse stories vanuit sy plaaslike en Sprinbokloopbaan. Die manne deel ook elkeen hul opinies oor die span vir die game en wat ons kan verwag van die 7-1 split.
Kry jou familie en vriende om die vuur, skink die glase en kom luister saam na ’n spesiale episode voor die Bokke weer Wêreldkampioene word.
#BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

Friday Oct 20, 2023

Dis Vrydag en die Bokke speel die naweek in 'n Wêreldbeker semi-finaal!
Na 'n riller van stryd teen Frankryk, waar party manne eers laat in die bed gekom het, ontleed ons hierdie week hoe die Bokke aan die wen kant van een van die beste quarter-finals nog beland het. Ons vriend Johnny Hubert Meyer kuier weer by ons op die show en praat saam oor al die emosies wat hy tydens die game ervaar het. Nick, Neila en Andy gee elkeen hul opinies oor hoe goed die Bokke in knockout rugby is en kyk ook vinnig na Saterdag se groot game teen Engeland waarvoor Rassie en Jacques presies dieselfde span gekies het.
Die Bokkoors is besig om serious momentum te kry en 'n plek in World Cup final is die naweek op die spel. Trek jou Groen & Goud aan en kom luister saam.
#BootsenAlles #Skitterend

Thursday Oct 12, 2023

Episode 16 is live en hierdie week het ons die voorreg gehad om die legende Schalk Brits by ons op die show te hê. 
'n Groot gees in die rugbywêreld en een van die niceste mense daar buite, Schalk entertain ons met 'n klomp classic stories van sy tyd by die Springbokke en Saracens. Hy deel ook bietjie met ons hoe Rassie Erasmus se kop werk en wat hierdie Bokgroep so spesiaal maak. Neila gooi dan 'n paar sponsorless 'rapid fire' questions sy kant toe om onder andere uit te vind wat sy golf handicap is, wat sy braaibroodjie resep is en hoe hy en Owen Farrell kamermaats was na hul bietjie vuiste geswaai het. Andy en Dan gee dan ook vinnig hulle predictions vir die naweek se World Cup quarter-final games.
As jy bietjie wil lag en 'n paar interessante stories wil hoor - kom luister saam. Hierdie episode was 'n spesiale een.
#BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack
 

Friday Oct 06, 2023

Die 15de Episode van Boots en Alles is live en die boys reflect op die Pool stages van die Rugbywêreldbeker.
Die manne deel elkeen baie snaakse stories van hul eie ervaringe by die afgelope paar games. Die Bokke het 'n ongelooflike following regoor die wêreld en daar was so ver baie Bokondersteuners in Frankryk gewees - ons het selfs 'n reaksie uit Rory McIlroy oor die Bokke by verlede naweek se Ryder Cup gekry. En moet ook nie 'n Bokondersteuner se commitment aan Brandy in die buiteland onderskat nie. Die manne kyk dan ook na die span se performance teen Tonga en wie moontlik die quarterfinals gaan haal met Ierland en Skotland was nog Saterdagaand teen mekaar speel.
Daar is geen Bokrugby die naweek nie so kom luister saam na 'n paar baie interessante stories van die Wêreldbeker.
#BootsenAlles #Skitterend 

Thursday Sep 28, 2023

Episode 14 is Live! 
Stephan Lewies join die paneel saam met Neil en Nicolaas. Andy en Dan is bietjie op vakansie en hou die biere koud.
Die manne gaan in diepte oor Saterdag se wedstryd teen Ierland en gee hulle opinies oor waar die coaches dit dalk takties verkeerd gekry het. Dit gesê, wat ‘n ongelooflike wedstryd was dit en Nicolaas praat bietjie oor die atmosfeer.
Ons bespreek ook watter tipe Handre Pollard moontlik gaan opdaag Sondag teen Tonga en kyk na die span in meer detail.
Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby. Bonus punt is belangrik.

Friday Sep 22, 2023

Dis BokVrydag en Episode 13 is Live!
Saterdag pak die Bokke die Iere in a massive World Cup game en die manne sit al hul fokus op ons kan verwag. Neila gee vinnig sy insette oor wat Handré Pollard se insluiting vir Manie Libbok beteken terwyl Andy bietjie praat oor die groot reaksie tot die Bokke se 7-1 split op die bench. Dan deel met ons hoe die vibe in Frankryk is op die oomblik; hy en Nick kyk Saterdagaand die game live in Paris.
Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby!
#BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

Thursday Sep 14, 2023

Episode 12 is live en die manne unpack die Rugbywêreldbeker wat nou volstoom aan die gang is!
Voormalige Sharks-stut en goeie vriend van die Boots & Alles Podcast, Johnny Meyer, kuier by ons op die show en chat bietjie saam oor alles wat die eerste naweek in Frankryk gebeur het. Hy deel ook bietjie van sy persoonlike ervaringe tydens sy tyd in Durban en Béziers. Met die Bokke wat Sondag teen Romania speel en die groot nuus dat Malcolm Marx beseer is, gee die boys hul opinies oor die span en verwag hulle klomp drieë in Bordeaux.
Skink vir jou 'n koffie of 'n dop en kom luister saam na nog 'n lekker episode van Boots & Alles.
#BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

Thursday Sep 07, 2023

2023 RUGBYWÊRELDBEKER!
Vir Kitch, vir Kraaifontein, vir Schalla, vir AFFIES. For those who came before us. For Bethlehem and for the Bomb Squad. Vir die Kranse and for the call. Vir Loftus, vir Bloem. For Crowded House and College Road. Vir die laaities met die hot step. Vir Os, vir Beast en vir Bakkies. For KES boys. Vir die Strand honde. Vir James Small, Chester Williams en Joost. For Ian Mac. Vir Bredasdorp en vir die hele Karoo. For my country. Mzansi!
Ons dedicate hierdie episode aan die Springbokspan in Frankryk.  Soos Bongi altyd sê: "Dis tyd om die honde los te maak"
#BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack 

Image

Your Title

This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

Copyright 2023 All rights reserved.

Podcast Powered By Podbean

Version: 20240320